Coram Deo, die NG Kerk in Risiville Drie Riviere Vereeniging

Coram Deo

CORAM DEO GEMEENTESENTRUM

H/v Lucas- en Michaelstrate, Risiville

Posbus 263105, Drie Riviere, 1935

 KONTAKTE:

Soma le Roux:       016 4231502

Floris Knouwds:   016 4231205/0829272575

Agtergrond Impak Prediking Beoordeling Inskrywing Vrae/Kwessies Preek Laboratorium Word 'n borg Grondreëls

Prys vir
impak prediking

TuisbladAanbid saamWord deelMaak 'n verskilOns plekBestuurPersoneelPrysKontak

Preke kan op ‘n akademiese (objektiewe) manier beoordeel word. Dan is daar “kundiges” nodig wat (met behulp van vooraf gekose standaarde) besluit watter preek die beste sou wees. Met die beoordeling of evaluasie van impak prediking word egter ‘n heel ander roete gevolg – een waarin kritiese evaluering van die tegniese aspekte van prediking nie die primêre komponent is nie:

  1. Die vertrekpunt vir die beoordeling van impak prediking is die hoorder... die lidmaat wat opdaag vir ‘n erediens en op soek is na geloofsverryking. Daarom sal die beoordeling gedoen sal word deur die hoorder se subjektiewe ervaring van die preek te meet.
  2. Subjektiewe ervaring van prediking het te make met ‘n regterbrein proses waardeur die brein bepaalde indrukke of aanvoelings registreer wat ‘n preek maak. Meestal vanuit ‘n meer holistiese en onbewuste beoordeling as wanneer dit op ‘n linkerbrein manier gedoen word. Wanneer dit gaan oor die impak wat ‘n preek op die hoorder maak, is regterbrein beoordelings ‘n meer akkurate weergawe van die hoorder se ervaring as wat linkerbrein  beoordelings is. Die data van regterbrein prosesse is net so eg en wettig as enige rasionele meting deur linkerbrein beoordelings.
  3. Die implikasie van bogenoemde is dat “gewone” lidmate (wat toegewyde gelowiges is) gebruik sal word om die beoordeling te doen deur hulle indrukke/aanvoeling/gevoel van die impak van ‘n preek te verwoord en te meet op grond van bepaalde indrukke, byvoorbeeld die entoesiasme/energie van die prediker, die persoonlike egtheid waarmee die boodskap oorgedra word, die egtheid/relevansie vir hulle eie leefwêreld, die mate waarin hulle as hoorders ingetrek is, ens.
  4. In die eerste rondte van beoordeling sal inskrywings deur individuele beoordelaars (onafhanklik van mekaar) beoordeel word om die 3 beste impak preke te identifiseer. In die tweede rondte sal die 3 beste preke dan deur die beoordelaars as groep beoordeel word om die wenner te bepaal.

Inskrywing word gedoen deur:

  1. ‘n erediens of preek van die prediker (waarin die preek 30 minute of langer is) op video vas te vang - met die klem op klankkwaliteit en nie op videografie nie.
  2. die volgende inligting te verskaf:

a. Die doel wat die prediker met die preek wou bereik, dit is, waarheen hy/sy die hoorder deur die preek wou begelei en watter reaksies hy/sy by die hoorder wou ontlok;

b. ‘n Vloeidiagram wat die loop van die preekinhoud skematies uitbeeld;

c. ‘n afskrif van die prediker se ID; en

d. kontakbesonderhede vir die prediker.

  1. bogenoemde te stuur aan:
    Prys vir Impak Prediking,
    Coram Deo NG Gemeente,
    Posbus 263105, Drie Riviere,
    1935
    om die kantoor te bereik voor of op 30 Oktober 2018.
  2. ‘n Preek kan ingeskryf word deur die prediker self, die kerkraad of lidmate van die gemeente.


Die proses van beoordeling