Coram Deo, die NG Kerk in Risiville Drie Riviere Vereeniging

Coram Deo

Die NG gemeente in Risiville, Vereeniging

CORAM DEO GEMEENTESENTRUM

H/v Lucas- en Michaelstrate, Risiville

Posbus 263105, Drie Riviere, 1935

 KONTAKTE:

Soma le Roux:       016 4231502

Floris Knouwds:   016 4231205/0829272575

Tuisblad Aanbid saam Word deel Maak 'n verskil Ons plek Bestuur Personeel Prys Kontak
Eredienstye by die NG Kerk Coram Deo in Risiville en Drie Riviere in Vereeniging in die Vaaldriehoek

Erediens op Sondagoggende…

Kinderkerk en kleuterkerk by Coram Deo NG Kerk in Risiville Vereeniging

Vir die kinders (op Sondagoggende)

Ontdek dpreek van dr. Floris Knouwds by die NG Kerk Coram Deo in Risiville, Vereenigingie verba-sende werklikheid dat jy met gemak (sonder enige werklike inspanning of moeite van jou kant af) die Heilige Gees kan weer-staan. En hoe om seker te maak dat jy 'n voller lewe het - juis omdat jy weet hoe om te voorkom dat jy die Gees weerstaan.

Tieners en Tienerfokus by die NG Kerk Coram Deo in Risiville in Vereeniging, Vaaldriehoek

Tieners op Sondagaande

Die eredienste in Coram Deo word gehou op
Sondagoggende om 09h00
in ons gemeentesentrum
op die hoek van Lucas- en Michaelstrate
in Risiville, Vereeniging.

Wanneer jy saam met ons kom aanbid, is daar ‘n paar dinge wat jy kan verwag:


En iewers tussen 10h15 en 10h30 maak ons klaar. Dan kan jy kies: of om huis toe te gaan of om verder saam te kuier oor ‘n koppie koffie! En hierdie kuier gebeur sommer net daar in die gemeentesentrum!

 Gelyklopend met die erediens (maar in ander, aparte lokale) word daar op Sondagoggende om 09h00 ook spesiale byeenkomste aangebied waar jou kinders versorg/bedien word:

Die kleiner kinders (0-6 jaar) word in ‘n eie lokaal opgepas en versorg. By die Kleuterkerk word die kleuters (4-6 jaar) gehelp om basiese geloofswaarhede deur spel, aktiwiteite en praktiese projekte  te ontdek en te beleef;

By die Kinderkerk word die kinders (grade 1-6)  begelei om hulle geloof beter te verstaan en te verwoord.

En iewers tussen 10h15 en 10h30 maak hulle ook klaar. En kan hulle saam met jou verder kuier. Of  kan julle saam huis toe gaan.

 Sondagaande (vanaf 18h00 - 19h30) is dit die tieners (grade 7-11) se beurt om bedien te word.

Tydens Tienerfokus word hulle (soms in seminaarformaat en ander kere in kleingroep besprekings) gehelp om die volgende te bemeester:

Die stof wat met hulle deurgewerk word, is ‘n gebalanseerde, geestelike dieet  wat ten doel het om hulle toe te rus om hulle geloof  uit te leef in ‘n werklike wêreld - een waarin die lewe nie altyd vanself reg uitwerk nie.

 preke van dr. Floris Knouwds by die NG Kerk Coram Deo in Risiville, Vereeniging Christus bring nie net vrede (soos ons so dikwels dink) nie. Hy bring ook skeiding. Trouens, sy koms na hierdie wêreld word deur Johan-nes juis in hierdie terme geskets. Sodat ons die waarskuwing daarin kan hoor. En (omdat jy die waar-skuwing hoor) ook kan ontdek dat en hoe Hy die brug oor hierdie skeiding is.

preek van dr. Floris Knouwds by die NG Kerk Coram Deo in Risiville, Vereeniging wat jy kan aflaai Voor jy goeie besluite kan neem, moet jy ontdek hoe om oor jouself te dink. En hoe om die vermoëns te verstaan wat God in jou ingebou het. Eers wanneer jy dít onder die knie het, sal jy beter verstaan hoe om besluite te neem wat jou lewe regtig kan verander. In ‘n posi-tiewe rigting. Sodat jy meer kan lewe volgens God se ontwerp vir jou lewe.

preek van dr. Floris Knouwds by die NG Kerk Coram Deo in Risiville, Vereeniging in die Vaaldriehoek - een wat jy kan aflaai Daar is 'n ekstra bron van bemoediging wanneer jy voor die uitdagings (en slegte dinge!) in jou lewe te staan kom. Ontdek in hierdie reeks verskeie maniere om daarby in te prop. Sodat jy selfs die tafste uitdagings beter kan hanteer. Omdat jy dit nie meer onafhanklik en op jou eie doen nie.

Kliek ‘n onderwerp hieronder en luister na ‘n preek van
dr. Floris Knouwds