CORAM DEO GEMEENTESENTRUM
H/v Lucas- en Michaelstrate, Risiville
Posbus 263105, Drie Riviere, 1935
KONTAKTE:
Soma le Roux: 016 4231502
Floris Knouwds: 016 4231205/0829272575
Só kom jy by Coram Deo NG Gemeente uit:
Van Vanderbijlpark/Sasolburg af na Coram Deo
1. Neem die R59 na Alberton. Neem in Vereeniging die Heilderberg/Houtkopweg afrit na links. Draai by die T-aansluiting aan die onderkant van die afrit regs in Houtkopweg.
2. Volg Houtkopweg oor 2 robotte, die treinspoor, nog ‘n robot en oor die rivier tot by die volgende T-aansluiting. Neem by hierdie T-aansluiting die glybaan na links.
3 Na ongeveer 500m maak die pad vanself ‘n 90 grade draai na regs en word dit ‘n groot dubbelpad. Draai by die eerste verkeerslig links in Brockettstraat. Draai by die tweede straat regs in Lucasstraat en volg dit totdat jy die gemeentesentrum op linkerhand kry.
Vanaf Pretoria na Coram Deo:
1. Neem die R21 verby Oliver Tambo lughawe na Johannesburg. Neem by “Gilloolly’s interchange” (net duskant Eastgate) die afrit links na die N3/N12 (Durban/Kimberley) kry. Volg van hieraf die verkeersborde na Kimberley totdat jy by Alberton (met die golfbaan aan jou linkerkant) die R59 afrit na Vereeniging. Neem die afrit na links en volg die R59 verby die res van Alberton, oop velde en later Meyerton.
2. Neem op pad tussen Meyerton en Vereeniging die afrit links na Redan. Draai weer links by die stopteken aan die bokant van die afrit. Volg die pad tot by die T-aansluiting met Houtkopweg en draai links in Houtkopweg.
3. Volg Houtkopweg oor die treinspoor, ‘n robot en oor die rivier… tot by die volgende T-aansluiting. Neem by hierdie T-aansluiting die glybaan na links.
4 Na ongeveer 500m maak die pad vanself ‘n 90 grade draai na regs en word dan ‘n groot dubbelpad. Draai by die eerste verkeerslig links in Brockettstraat. Draai by die tweede straat regs in Lucasstraat en volg lucasstraat totdat jy die gemeentesentrum op linkerhand kry.
Coram Deo NG Gemeente, Lucasstraat 37, Risiville, Vereeniging


Coram Deo
Die NG Kerk in Risiville, Vereeniging