CORAM DEO GEMEENTESENTRUM

H/v Lucas- en Michaelstrate, Risiville

Posbus 263105, Drie Riviere, 1935

 KONTAKTE:

Soma le Roux:       016 4231502

Floris Knouwds:   016 4231205/0829272575

Tuisblad Aanbid saam Word deel Maak 'n verskil Ons plek Bestuur Personeel Prys Kontak

Só word Coram Deo bestuur…

Só word dinge bestuur in Coram Deo, die NG Kerk in Risiville Drie Riviere Vereeniging

Coram Deo

Die NG Gemeente in Risiville, Vereeniging

Leierskap in Coram Deo NG Kerk in Risiville, Drie Riviere, VereenigingOm die gemeente so effektief as moontlik te bestuur, werk ons op die volgende manier:

  1. Ons kies lidmate (maksimum 15) om deel te wees van die kernleiers (kerkraad). Hulle vergader dan maandeliks om  besluite te neem, te organiseer en toe te sien dat die ons visie al meer in die praktyk bereik word. Tydens hierdie vergadering word saam gebid, bestuursbesluite geneem en ‘n lang tyd spandeer aan oop gesprekke oor sake wat die gemeente raak (indaba).
  2. Die kerkraad het 'n verkleinde werksvorm met gedelegeerde magte, die dagbestuur. Enersyds moet hulle alle persooneelsake hanteer. Andersyds moet hulle spoedeisende sake (in opdrag van en met verslag aan die kerkraad) afhandel.
  3. Die kerkraad is egter nie die enigste leiers in die gemeente nie. Die leiers van bedieninge en kleingroepe word erken as die breë leiersgroep van die gemeente. Daarom word hulle betrek in visionering en beplanning.
  4. Die bedieninge in Coram Deo word as selfstandige werksgroepe hanteer. Daarom kan hulle hul bediening self beplan, befonds, bedryf en evauleer. Fondse wat hulle genereer word ook as trustfondse gesien en deur hulle hanteer - sonder direkte beheer daaroor deur die kerkraad.
  5. Om die werk in die gemeente so effektief as moontlik te laat verloop, het ons voltydse en deeltydse werkers wat die bediening in die gemeente fasiliteer. Hierdie span bestaan tans uit die leraar, die administratiewe bestuurder, ‘n jeugwerker, ‘n tuinbestuurder en ‘n skoonmaker. Die leraar is die spanleier en verantwoordelik vir toesig oor die werk van die ander personeel, asook vir hulle beroeps- en persoonlike ontwikkeling.
  6. Die finansies en administrasie van Coram Deo word (onder begeleiding van ‘n betaalde ouditeur en sy span) vanuit die kerkkantoor bestuur. Geouditeerde state word  maandeliks aan die kerkraad voorgelê vir goedkeuring.
  7. Die leraar se taak is om die gemeente te begelei in die ontginning van die Woord en in hulle toerusting vir bediening. Hierbenewens is hy ook verantwoordelik vir visionering vir en oorhoofse koördinering van die gemeentelewe.
  8. Die lidmate is verantwoordelikheid vir hulle eie geloofslewe, en daarom om bestaande geleenthede aktief te benut vir hulle eie opbou en versorging; om die leiers bewus te maak van hulle spesifieke behoeftes; om hulle unieke bydrae tot die op- en uitbou van die gemeente te maak; en om die gemeente finansieel te help versorg.




Algemene bestuur van Coram Deo…

Geldsake in Coram Deo gemeente…

Leierskap in Coram Deo NG Kerk in Risiville, Drie Riviere, VereenigingOns glo dat lidmaatskap van Coram Deo impliseer dat elke lidmaat ‘n bydrae in die gemeente behoort te gee. En dat die finansies vir die versorging van die gemeente hoofsaaklik uit die dankoffers behoort te kom.

In Coram Deo glo ons dat die Bybel duidelike riglyne gee oor die manier waarop ons geloof die bestuur van ons geld moet raak. Daarom gaan dit vir ons in die eerste plek oor die geloofsdimensie in hierdie saak. Ons glo:

  1. dat ons (wanneer ons ons offergawes bring) uitdrukking gee aan ons geloof in en ons aanbidding van God;
  2. dat ons ons offergawes aan God gee - nie die kerk nie;
  3. dat ons offergawes ‘n geloofsdissipline is wat ons geloofslewe verryk en verdiep;
  4. dat ons offergawes die versorging van die gemeente en die werk van bedieninge binne en buite die gemeente moet onderhou; en
  5. dat God self aan ons die erkenning sal gee wanneer ons ons geld en goed bestuur op ‘n manier wat sy saak op aarde bevorder.

Daarom gaan dit vir ons in beide die bymekaarbring en besteding van die finansies oor ‘n geloofsaak - een wat ons met nugterheid en vertroue op die Here moet bestuur.