Coram Deo, die NG Kerk in Risiville Drie Riviere Vereeniging

Coram Deo

CORAM DEO GEMEENTESENTRUM

H/v Lucas- en Michaelstrate, Risiville

Posbus 263105, Drie Riviere, 1935

 KONTAKTE:

Soma le Roux:       016 4231502

Floris Knouwds:   016 4231205/0829272575

Agtergrond Impak Prediking Beoordeling Inskrywing Vrae/Kwessies Preek Laboratorium Word 'n borg Grondreëls

Prys vir
impak prediking

TuisbladAanbid saamWord deelMaak 'n verskilOns plekBestuurPersoneelPrysKontak

Uiteraard is die toekenning van die Coram Deo Prys vir Impak Prediking gekoppel aan ‘n spesifieke soort prediking, naamlik impak prediking. Daarom is dit nodig om hierdie soort prediking duideliker te omskryf. Die punte wat hieronder gebruik word, is nie bedoel as afsonderlike, aparte aspekte van ‘n impak preek nie. Dit is eerder bedoel om in samehang met mekaar ‘n indruk of gevoel te skep van wat ‘n impak preek behels:

  1. Impak prediking is prediking waarin die Bybelteks helder oopgebreek word, dit gebrug word na die hoorder se praktiese, elke-dag-se-lewe en die inhoud van die preek aangebied/oorgedra word op ‘n manier wat aangrypend genoeg is dat dit die hoorders inspireer om die beginsels van die Woord te gaan uitleef. Dit is dus in die eerste plek ‘n praktiese, lewensegte en aangrypende uitleg van die Skrif.
  2. Impak prediking het nie te make met die persoonlike styl van die prediker nie. Dit gaan eerder oor die effektiwiteit of impak waarmee die preekinhoud oorgedra word. Hierdie uitgangspunt impliseer dat die klem nie val op hoe die prediker voorberei en stof/inhoud selekteer nie. Dit gaan juis oor die manier waarop die inhoud (wat hy/sy wel geselekteer het) oorgedra word aan die gehoor. En die effek wat dit op die hoorders het. Daarom sou dit ook benoem kon word met “tipping point”, transformerende, geloofsvormende en/of “sticky” prediking.
  3. ‘n Oorsigtelike definisie van impak prediking sou as volg kon klink:
    Impak prediking is interaktiewe prediking;
    wat hoorders se aandag vasvang en gevange hou;
    hulle op multidimensionele vlak (verskillende aspekte van hul menswees) in die stof betrek;
    hulle hart/gees/siel/geloof op ‘n ervaringsvlak (gevoelsvlak) aanraak;
    in hulle binneste ‘n behoefte skep om verder met die stof te werk;
    hulle help om ‘n geloofsrespons op die boodskap te maak; en
    wat hulle laat beleef dat hulle die inhoud makliker met ander mense sal kan deel.
  4. ‘n Impak preek is een waarin ‘n verskeidenheid beginsels, vaardighede en tegnieke op ‘n aktiewe, bewuste (intensionele) vlak gebruik word om die hoorders in te trek in die stof en ‘n groter impak op hulle persoonlike geloofslewe te maak, en/of die preek langer in hulle gemoed te laat vashaak.
  5. ‘n Impak preek neem die hoorder van beginsels na persoonlike lewenspraktyke, dit is, dit help die hoorder om te verstaan waar die Woord in hulle praktiese lewe inpas en hoe om die beginsels van die Woord in hul eie lewenspraktyk te gaan toepas/uitleef.
  6. Impak preke is meer as net die oordra van inligting. Dit is die skep van en begeleiding in ervaarde God-oomblikke wat binnewêreld verskuiwings by hoorders bemiddel en die hoorders toerus om hulle werklike lewe te leef in die lig van die hulle geloof en die teenwoordigheid van God in hulle lewe. Daarom is dit preke wat regtig werk – vir die prediker en die hoorder.
  7. Impak preke is preke wat die gehoor se aandag op verskeie maniere aangryp en fokus, sodat hulle (terwyl hulle luister) self met die inhoud besig raak en dit verder verwerk vir hulle persoonlike lewens.
  8. Impak preke is preke wat met ‘n duidelike doel gepreek word, naamlik om mense se binnewêreld en gedrag te verskuif van hier tot daar. Daarom werk dit met ‘n spesifieke, bewuste en geformuleeerde doel van waar dit die hoorders aan die einde van die preek wil bring.
  9. Impak preke is persoonlik, dit is, dis preke wat die gehoor laat voel dat die prediker in gesprek met hulle is en hulle persoonlik help om saam te dink oor ‘n saak wat hulle geloof en geloofslewe raak. Daarom is dit nie ‘n toespraak of ‘n voordrag van ‘n geskrewe preek nie. Dis ‘n vorm van gesproke kommunikasie wat die gehoor begelei in ‘n saam dink en saam ontdek proses.
  10. By ‘n impak preek is die fokus van die gehoor op die prediker, die stof wat hy/sy aan die orde stel en die egtheid waarmee die stof aangebied word. “Powerpoint” aanbiedings vorm (indien dit wel gebruik word) slegs deel van die dekor vir die preek en is slegs ter ondersteuning of vaslegging van die inhoud. Dit is nie die inhoud nie.
  11. Impak preke is preke wat met persoonlike entoesiasme en met energie aangebied word. En daarom preke wat die indruk by die hoorder skep dat dit uit die hart en lewe van die prediker kom – nie net uit sy/haar kop nie.

Ten diepste sou ‘n impak preek beskryf kon word as ‘n preek
wat jou intrek in die stof,
wat iets in jou binnewêreld laat roer,
wat ‘n behoefte skep om ‘n verandering in jou lewe aan te bring
en wat jou begelei om die eerste keuses te maak op pad na ‘n nuwe plek in jou (geloofs)lewe.


Impak prediking verder omskryf…