Coram Deo
Die NG gemeente in Risiville, Vereeniging


CORAM DEO GEMEENTESENTRUM
H/v Lucas- en Michaelstrate, Risiville
Posbus 263105, Drie Riviere, 1935
KONTAKTE:
Soma le Roux: 016 4231502
Floris Knouwds: 016 4231205/0829272575
Die kursus is ontwikkel en gebou op die beginsels en praktyke van transformasionele leer. Daarom word jy deurlopend begelei in oefeninge en denkprosesse wat jou help om die stof op ‘n persoonlike vlak te ontgin en te verwerk…. en dit jou eie te maak. Terwyl die kursus aan die gang is!
Die preek laboratorium kan beskryf word as ‘n proses wat jou help om die vaardigheid van impak prediking te verstaan en te bemeester. En jou te begelei
om die innerlike sekuriteit en selfvertroue te ontwikkel
wat jou in staat sal stel om jou preke met oortuiging/passie te lewer
en daarmee mense se lewe (in besonder hulle ervaarde geloofslewe) aan te raak.
Die aanbieder van die Preek Laboratorium:
Die Preek Laboratorium word gefasiliteer deur dr. Floris Knouwds, predikant van die Coram Deo NG Gemeente. Floris het sy doktoraal gedoen oor ‘n basisteorie vir die opvoeding van volwassenes. Beide die inhoud en metodiek van die Preek Laboratorium spruit uit en is gegrond op hierdie navorsing.
Waarmee jy in die Preek Laboratorium aan werk:
Onderwerpe wat op die tafel gaan kom, is die volgende:
- Die belangrikste sleutel tot meer effektiewe prediking…. en hoe om daarmee te werk.
- Die rol wat jou intuïtiewe kennis (aanvoeling) in die voorbereiding van preke kan speel…. en hoe dit jou preke meer effektief kan maak.
- Die 3 primêre drywers agter jou prediking: wat dit is en hoe dit werk.
- Hoe om die onderliggende denkpatrone wat jou effektiwiteit ondermyn te identifiseer en te verskuif.
- Hoe om jou identiteit as prediker te identifiseer en te herdefineer... sodat jy meer kongruent en gefokus kan werk in die skep en lewer van preke.
- ‘n Proses van preek voorbereiding wat jou help om konstant preke te maak wat ‘n groter impak het.
- Die nuwe “Uber” kultuur en die rol wat dit in jou prediking behoort te speel as jy vandag se mense wil bereik.
- Hoe om jou fokus (wat volgens Daniel Goleman die nommer een faktor in sukses is) reg te kry en te hou wanneer jy jou preke voorberei en lewer.
- Die 40-60 beginsel vir effektiewe prediking.
- Die gereedskap wat jy in jou “toolbox” moet hê as jy met groter impak wil preek.
- Geheime om die kernkonsepte in jou preek meer “sticky” te maak.
- Hoe om ‘n preek te maak wat jou hoorders op verskeie vlakke “engage” in jou preek.
- Voorbereiding wat jou in staat stel om jou preek met hoë vlakke van energie te lewer.
- ‘n Metode van preek evaluasies wat jou help om te fokus op die aspekte van jou oordrag waar jy die meeste waarde kan toevoeg.
- Hoe om preke te skep en te gebruik in ‘n nuwe era van internet, multimedia aanbiedings en sosiale media.
- ‘n Alternatiewe (maar hoogs effektiewe) formaat vir prediking.
- ‘n Raamwerk oor menswees wat jou help om altyd relevant (en lewenseg) te preek.
- Grootprent van ‘n geloofsreis… en al die moontlikhede wat dit ontsluit vir prediking
Vereistes vir deelname aan die Preek Laboratorium:
Om deel te neem aan die preek laboratorium gaan van jou ‘n verbintenis aan die volgende vra:
- om 6 vol dae (versprei oor 3 maande) uit te blok om die preek laboratorium by te woon;
- om deel te neem aan die oefeninge en prosesse wat in die aanbieding gebruik word, dit is, om saam te dink, saam te soek, saam te praat en saam te groei na ‘n plek in jou lewe waar jy met meer selfvertroue en impak die inhoud van jou preke kan oordra;
- om die nodige voorbereiding te doen vir elke groep van 2 opeenvolgende dae
- om die ontdekkings wat jy in die laboratorium maak na die praktyk deur te voer deur dit in te oefen en daarmee te eksperimenteer in jou prediking;
- om aspekte van prediking wat op die tafel kom saam met die kleingroep (waarin jy tydens die Preek Laboratorium ingedeel word) te deurdink en te verwerk.
Datums van die Preek Laboratorium:
In 2021 word die Preek Laboratorium op die volgende datums aangebied:
Woensdag 28 en Donderdag 29 Julie;
Woensdag 25 en Donderdag 26 Augustus; en
Woensdag 23 en Donderdag 24 September
elke dag van 08h30 - 16h30
Die kostes beloop R1500.00 per persoon vir die 6 dae).
Plek van aanbieding:
Die Preek Laboratorium word aangebied by Coram Deo Gemeente op die hoek van Lucas- en Michaelstrate in Risiville in Vereeniging.
Om in te skryf:
- .Betaal jy jou R1500 in by:
Coram Deo NG Gemeente, ABSA, Drie Riviere, Spaarrekening no.: 9331829017. - Stuur jou naam, van, kontak inligting en bewys van betaling aan fknouwds@gmail.com.
Vir meer inligting of navrae:
Indien jy enige verdere vrae het (of sommer net wil gesels) oor die Preek Laboratorium, kan jy dr. Floris Knouwds kontak
by 016 4231205 of 0829272575
of per e-pos by fknouwds@gmail.com
Jy kan ook na die inleidende video’s op Youtube loer:
https://www.youtube.com/playlist?list=PL7WJrKXuUZ6JjlqasPhSViPIV6O5rIAGL
Die preek laboratorium ís ‘n kursus oor prediking.
Maar dis baie meer as akademies-teoretiese opleiding. Dis ‘n proses waarin jy betrek word – een waarin jy persoonlik groei en ontwikkel. Veral in jou denke oor, jou benadering tot, en jou manier van preke voorberei en lewer. Sodat jy (wanneer die Preek Laboratorium verby is) met meer selfvertroue jou preke kan voorberei. En met groter impak kan preek.