KONTAKTE:
Soma le Roux: 016 4231502
Floris Knouwds: 016 4231205/0829272575
Die erediens is die nommer een plek waar lidmate opdaag by aktiwiteite van ‘n gemeente. Daarom woon daar elke Sondag honderdduisende mense ‘n erediens in die NG Kerk by. In daardie uur het predikers dwarsoor Suid-
Presies hoe sentraal die prediking in die kerklike lewe staan, blyk uit die feit dat aansoeke vir predikantsposte meestal een vereiste het: kandidate moet in die gemeente kom preek! Leiers in gemeentes oor die hele land sê daarmee dat een van die mees prominente behoeftes in ‘n gemeente juis die behoefte aan impak prediking is.
Hoewel die geleentheid en die behoefte daar is, is daar dikwels ‘n onvermoë by predikers om lidmate (wat oop is vir beïnvloeding) se lewe beduidend te impak. Nie omdat predikers nie die vermoëns en/of roeping het nie. Dikwels net omdat hulle nooit blootgestel is aan of opgelei is beginsels en vaardighede wat die impak van hul prediking beduidend kan verhoog nie.
Hiermee saam gaan ook ‘n ander werklikheid, naamlik dat predikers selde erkenning kry vir die werk wat hulle in hul prediking doen. Daar is pryse wat toegeken word aan skrywers vam Christelike lektuur wat uitstaan. Dieselfde geld egter nie vir die werk van predikers nie. Hulle word nie regtig aangemoedig/ aangespoor om die effektiwiteit van hul prediking te verhoog nie. Selfs al het hulle werk ‘n baie breër reikwydte en baie meer moontlikhede om ‘n verskil te maak as wat boeke het.
In die onlangse verlede is die behoefte aan impak prediking dikwels by groter jeug byeenkomste en saamtrekke geopper. Enersyds het die jongmense dan gesê dat die inhoud van die preke nie vir hulle relevant is nie. Dit voel nie of dit by hulle lewe pas nie. Dit raak hulle nie. Andersyds het hulle gesê dat dit hulle nie begelei om hulle praktiese lewe vanuit geloof te kan lewe nie. Ook op hierdie terrein is daar dus ‘n stem wat opgaan vir prediking wat ‘n hoër impak het.
Bogenoemde situasie het die gemeenteleiers van Coram Deo NG Gemeente by die punt gebring dat hulle besluit het om in hierdie gaping te staan... en om ‘n bydrae te maak tot impak prediking in die NG Kerk in die breë. Vandaar die besluit om ‘n prys uit te loof vir impak prediking in die NG Kerk. Onder andere omdat dit rym met wat Paulus in 1 Timoteus 5:17 sê:
“Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort waardig geag te word om dubbele erkenning (eer) te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee.”
Die Coram Deo Prys vir Impak Prediking...
Die Coram Deo prys vir impak prediking sal aanvanklik twee jaarliks (die eerste keer in 2019) toegeken word aan ‘n predikant in die NG Kerk onder die ouderdom van 40 jaar. Sodra meer borgskappe vir die Coram Deo Prys gewerf word, sal dit uitgebrei word:
a. om ook ‘n prys toe te ken aan ‘n prediker ouer as 40 jaar, en
b. om die prys later uit te brei en elke jaar die prys toe te ken – selfs dalk ‘n eerste en tweede prys.
Die wenner sal ‘n bedrag van R30,000.00 ontvang
asook ‘n spesiale trofee.
Die prys sal by ‘n spesiale geleentheid aan hom/haar oorhandig word.
Motivering vir die toekenning van die Coram Deo Prys