KONTAKTE:
Soma le Roux: 016 4231502
Floris Knouwds: 016 4231205/0829272575
In gesprekke (met beide lidmate en predikers) het daar telkens een groot vraag na vore gekom: “Hoe verantwoord julle die toekenning van so ‘n prys?” Soos wat hierdie gesprekke aangegaan het, het dit duidelik geword dat daar onsekerheid bestaan of ‘n mens so ‘n prys kan toeken. Veral as jy in gedagte hou dat ‘n prediker slegs ‘n deel van die werk doen. En dat hy/sy moet rekening hou daarmee dat God ook sy werk doen. Soms was die gevoel selfs dat ‘n mens kan inmeng met God se werk as jy te veel klem lê op die verantwoordelikheid van die prediker.
Daarom ‘n kort oorsig oor hoe ons hieroor dink:
Wanneer Hy (byvoorbeeld) vir Moses stuur om Israel uit Egipte te bevry, is dit ‘n opdrag. En word die verantwoordelikheid op Moses se skouers geplaas om die bevryding te gaan bewerk. Hy moet dit laat gebeur. Wanneer Moses aanmekaar besware teen die opdrag opper (almal besware wat sê dat hy nie geskik voel vir die werk nie), gee God net een antwoord op sy besware: “Jy gaan nie alleen nie. Ek gaan saam met jou. Ons twee gaan dit as ‘n span doen!” Maar God raak ook vir Moses kwaad wanneer hy sy kant wil ontduik en aan die span wil onttrek.
‘n Soortgelyke situasie speel hom af wanneer Jesus die groot opdrag gee. Dis ‘n opdrag. Die dissipels moet mense sy dissipels maak – nie wag dat Jesus dit doen nie! Die dissipels moet mense doop. En die dissipels moet mense leer hoe om te leef op grond van die opdragte wat Jesus gee. Dis hulle werk. En hulle kan nie daarvan abdikeer deur te sê dat dit God se werk is nie. Gelukkig sê Jesus ook dat dit in ‘n span gedoen word: “Aan my is alle mag gegee... en Ek is by julle tot aan die voleinding van die wêreld”.
Om ‘n prys te gee waarmee erkenning aan predikers se harde werk gegee word, negeer nie God se kant nie. Die fokus is egter op die mens se kant.... en hoe om dit met meer impak te doen. Wetende dat dit ‘n span-
Wanneer Paulus aan Timoteus skryf, sê dat hy Timoteus hom beproef voor God moet stel (= oop vir God se ondersoek) as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, maar een wat die woord reg sny (die werk goed doen)! Trouens, Paulus sê dat hy hom daarop moet toelê om dit te doen... dat hy moet moeite doen om te verseker dat hy die werk goed doen.... dat hy hom moet inspan om dit reg te kry. Dis nie verwaandheid nie. Dis ook nie om God se werk te probeer oorneem nie. Dis net om voor Hom te leef en seker te maak dat jy die gawes/toerusting wat Hy jou gegee het sodanig ontwikkel dat jy die werk goed doen... met die grootste moontlike impak. Om ‘n prys toe te ken wat hieraan erkenning gee, is om te bevestig dat ‘n prediker God eer met sy beste werk.
Bogenoemde kwessie word dikwels gefokus in die vraag: Wat dan van die werk van die Heilige Gees? Watter rol speel Hy in die proses? En sny jy nie (met die fokus op spanwerk) sy werk uit nie?
Weer eens is die antwoord nie eenvoudig nie. Doodgewoon omdat elke persoon in sy/haar gedagtes ‘n eie model of prentjie het van presies wat die Heilige Gees se rol is.
Aan die een kant is daar persone wat reken dat Hy alle menslike funksies uitsny en suiwer (sonder enige rol aan die mens se kant) deur hulle as spreekbuis werk. Die prediker is dan niks anders as ‘n robot wat met iemand Anders se stem praat nie. Aan die ander kant is daar persone wat reken dat die werk van die Heilige Gees buite om die mens gebeur – bonatuurlik buite-
Die manier waarop ons daaroor dink is iewers tussen hierdie twee. En miskien sal die volgende stellings ‘n beter idee gee van hoe ons die werk van die Heilige Gees sien:
Wanneer ons ‘n prys aan ‘n hoë impak prediker gee, is dit om erkenning te gee aan die feit dat ‘n prediker sy/haar Godgegewe gawes en vermoëns ontwikkel en gebruik in diens van sy koninkryk. En ons doen dit vanuit die aanvaarding dat Jesus bedoel het wat Hy gesê het toe Hy gesê het:
Laat julle lig so voor die mense skyn
dat hulle julle goeie werk kan sien
en God verheerlik
(Matteus 5:16).
Dís immers ons diepste begeerte: dat God verheerlik word omdat predikers uitstaande, impakvolle preke preek met die vermoëns en gawes wat God hulle gegee het. En dat sy koninkryk daardeur meer en meer uitgebrei sal word.
Ons doen dit ook vanuit die aanvaarding dat Paulus met reg
in 1 Timoteus 2:15 kon sê:
Lê jou daarop toe (= doen gefokusde moeite)
om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider
(= jouself met jou vermoëns aan te bied as werker)
‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra
(= iemand oor wie se werk God tevrede is),
'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie
(= een wat nie swak werk lewer nie),
‘n arbeider wat die woord van die waarheid suiwer verkondig
(= een wat Skrifgetroue en impakvolle preke preek).
Om hiervoor erkenning te gee, is om predikers aan te moedig om na Paulus se raad te luister. En juis daarom hulle aan te moedig om ‘n groter verskil te maak.
Vrae/Kwessies oor die Coram Deo Prys