Coram Deo gemeente

Die NG Kerk in Risiville & Drie Riviere in Vereeniging

Welkom by Coram Deo se webblad!

Coram Deo is ‘n kleiner, informele gemeente van die NG Kerk wat jou help

  • om jou geloof op te bou en sterk te maak;
  • om dit prakties uit te leef, en
  • om die verskil te maak wat net jy kan maak.

As jou geloof vir jou belangrik is, sal jy in Coram Deo ‘n tuiste vind saam met ‘n “great” familie van gelowiges. En jy sal ‘n ruimte ontdek waarin jy ‘n dinamiese geloofslewe kan ontwikkel – een wat eg is aan jouself.

Hieronder is ‘n bietjie inligting… en skakels na meer inligting oor die gemeente.

Kliek gerus daarop… loer daarna… en laat weet as daar enigiets anders is wat jy graag wil weet oor die gemeente.

Hoop jy kom kuier gou by ons!

Ons Glo…

Vir ons is die Bybel die bron wat bepaal wat ons glo. Tog wil ons graag hê dat jy moet weet wat die kernwaarhede is wat ons in Coram Deo bely.

Kliek hier om meer te lees.

Ons styl

In Coram Deo word ons kultuur (styl)  bepaal deur ons verbintenis aan God, aan ‘n lewe volgens sy wil en aan ons verbintenis om ‘n egte geloofsfamilie te wees.

Kliek hier om meer te lees.

Gebedsversoeke

By Coram deo wil ons graag vir jou en jou behoeftes/nood bid. Laat weet ons waarvoor om te bid en ons sal getrou vir jou intree by die Here van ons lewe.

Kliek hier om meer te lees.

Beplan ‘n besoek

Dis altyd ‘n bietjie vreemd as jy ‘n onbekende gemeente besoek. Daarom wil ons jou graag help om jou eerste besoek by ons ‘n goeie ervaring te maak.

Kliek hier om meer te lees.

Word deel

Ons wil graag hê dat jy gemaklik moet wees wanneer jy by ons inskakel. Daarom wys ons vir jou tree vir tree hoe om deel van Coram Deo gemeente te word.

Kliek hier om meer te lees.

Dra finansieël by

Die werk in Coram Deo kan net gedoen word as ons die nodige fondse het… as lidmate finansieël bydra… en as die fondse reg bestuur word.

Kliek hier om meer te lees.

Bestuur

Coram Deo het ‘n model ontwikkel om die gemeente effektief te bestuur. Enersyds om koers te hou. Andersyds om goeie besluite te neem en goed te organiseer.

Kliek hier om meer te lees.

Bedieninge

Bedieninge is werksgroepe waarin lidmate van Coram Deo kragte saamsnoer om by te dra tot die opbou van die gemeente en tot die verskil wat ons in die wêreld maak.

Kliek hier om meer te lees.

Finansies

Die geldsake van Coram Deo word deur die leiersgroep (saam met ‘n eksterne ouditeur) bestuur om te verseker dat die finansies gesond bly. En die werk gedoen word.

Kliek hier om meer te lees.

Kom kuier op ons Youtube kanaal

In Coram Deo het ons met verloop van tyd preke opgeneem wat jy op Youtube kan gaan kyk deur die volgende skakel te gebruik:

Op hierdie blad sal jy ‘n verskeidenheid temas vind wat jou kan help in jou geloofslewe, onder andere:

  • ‘n Reeks oor die basiese geloofswaarhede waarop ons ons geloof bou;
  • Die pad na ‘n veelvuldig gelukkige lewe;
  • ‘n Reeks preke uit verskillende Psalms;
  • Verskeie nagmaal dienste wat jy kan gebruik as jy by die huis nagmaal wil hou;
  • Vind ‘n rolmodel vir jou lewe;
  • Verskuif jou fokus… en verskuif jou lewe;
  • ‘n Volledige reeks oor hoe die doop verstaan moet word;
  • Gryp die groeigeleenthede in jou lewe (Faith coaching deur Jakobus, die broer van Jesus)
  • God wil jou gebruik nes jy is!;
  • Só kan jy gelowig bly lewe – al wil die wêreld jou geloof versmoor
  • EN VELE MEER…

Artikels op die Coram Deo blog

Liturgie in Coram Deo Gemeente

Liturgie is die naam wat gegee word vir die opeenvolgende stappe in 'n erediens. Hoewel Coram Deo 'n NG Kerk is, het die styl van ons eredienste afgewyk van die tradisionele manier waarop eredienste in 'n NG Kerk ingerig word. Hoofsaaklik omdat ons meer informele...

read more

Coram Deo bestuurstyl

Om die gemeente effektief te bestuur, het die leierskap van Coram Deo met verloop van tyd gevorm aan 'n spesifieke bestuurstyl. Die basiese uitgangspunte van hierdie styl is die volgende: 'n Maksimum van vyftien persone uit die gemeente word gekies om deel te wees van...

read more

Maak ‘n verskil in Coram Deo

In Coram Deo het ons besluit om nie op verskillende plekke te probeer help deur geld of kos uit te deel nie. In plaas daarvan het ons 'n manier gesoek om volhoubaar betrokke te wees by ‘n spesifieke nood. Hierdie soektog het ons by die Lochvaal deurgangshuis...

read more

Coram Deo Kinderbediening tydens eredienste

In Coram Deo gemeente word daar op Sondagoggendde om 09H00 (gelyklopend met die erediens (in ander, aparte lokale)spesiale byeenkomste aangebied waar die kleuters en kinders (voorskools tot graad 6) versorg word. In hierdie byeenkomste word jou kinders (terwyl jy die...

read more

Só lyk Coram Deo se eredienste

Eredienste word op Sondagoggende om 09h00 in die gemeentesentrum (Lucasstraat 37 in Risiville) gehou. En as jy dit vir die eerste keer bywoon, kan jy 'n paar dinge verwag: 'n informele erediens; mense wat met gemaklike kleredrag die erediens bywoon; mense wat reeds...

read more

Kom kuier by Coram Deo

Mense beleef hulle geloof verskillend van mekaar. Sommige mense geniet stilte en gewydheid. Ander geniet ‘n “happening”. Nog ander geniet die nabyheid van ander gelowiges. Wanneer geleerdes oor hierdie verskille in geloofsbelewing praat, noem hulle dit verskillende...

read more