Om die gemeente effektief te bestuur, het die leierskap van Coram Deo met verloop van tyd gevorm aan ‘n spesifieke bestuurstyl. Die basiese uitgangspunte van hierdie styl is die volgende:

  1. ‘n Maksimum van vyftien persone uit die gemeente word gekies om deel te wees van die kernleiers (kerkraad). Hulle kom maaneliks bymekaar om  leiding gegee oor die koers van die gemeente, om besluite te neem en om gemeentelike aktiwiteite te organiseer. Tydens hierdie vergadering word saam gebid, bestuursbesluite geneem en ‘n lang tyd spandeer aan oop gesprekke oor sake wat die gemeente raak (indaba).
  2. Die kerkraad het ook ‘n verkleinde werksvorm met gedelegeerde magte, die dagbestuur. Hulle primêre funksie is om spoedeisende sake (in opdrag van en met verslag aan die kerkraad) af te handel.
  3. Die kerkraad gaan ook van die standpunt uit dat die leiers van bedieninge en kleingroepe deel is van die breë leiersgroep van die gemeente. Daarom word hulle betrek in visionering en beplanning.
  4. Bedieninge word in Coram Deo as selfstandige werksgroepe hanteer. Daarom beplan, befonds, bedryf en evauleer hulle hulle eie aktiwiteite. Fondse wat hulle genereer word as trustfondse gesien en deur hulle hanteer – sonder direkte beheer daaroor deur die kerkraad.
  5. Om bediening in die gemeente effektief te laat verloop, het die gemeente voltydse en deeltydse werkers in diens om die aktiwiteite te. Hierdie span bestaan tans uit die predikant, die administratiewe bestuurder, ‘n tuinbestuurder en ‘n skoonmaker. Die leraar is die spanleier en verantwoordelik vir toesig oor die werk van die ander personeel, asook vir hulle beroeps- en persoonlike ontwikkeling.
  6. Die finansies van die gemeente word vanuit die kerkkantoor bestuur. Daar is ook ‘n eksterne ouditeur wat saam met sy spaan elke maannd toeisg hou oor inkomstes en uitgawes – met verslag aan die kerkraad. Geouditeerde state word  maandeliks aan die kerkraad voorgelê vir goedkeuring.
  7. Die leraar se taak is om die gemeente te begelei in die ontginning van die Woord en in hulle toerusting vir bediening. Hierbenewens is hy ook verantwoordelik vir visionering vir en oorhoofse koördinering van die gemeentelewe.
  8. Die lidmate is verantwoordelikheid vir hulle eie geloofslewe, en daarom om bestaande geleenthede te benut vir hulle eie opbou en versorging; om die leiers bewus te maak van hulle spesifieke behoeftes; om hulle unieke bydrae tot die op- en uitbou van die gemeente te maak; en om die gemeente finansieel te help versorg.