In Coram Deo gemeente word daar op Sondagoggendde om 09H00 (gelyklopend met die erediens (in ander, aparte lokale)
spesiale byeenkomste aangebied waar die kleuters en kinders (voorskools tot graad 6) versorg word.
In hierdie byeenkomste word jou kinders (terwyl jy die erediens rustig kan geniet) gehelp om basiese geloofswaarhede deur spel, aktiwiteite en praktiese projekte te ontdek en te beleef. Die groter kinders word tegelykertyd gehelp om hulle geloof beter te verstaan en te verwoord.
In Coram Deo val die klem nie primêr op leeraktiwiteite soos in ‘n skool nie. Dis vir ons belangrik dat die kind op ‘n gemaklike en genotvolle manier met die inhoud van die Bybel besig moet wees. Op hulle ouderdomsvlak. En dat hulle deur hierdie ervarings ‘n positiewe houding teenoor die kerk en die evangelie ontwikkel.
En iewers tussen 10h15 en 10h30 maak hierdie kinder byeenkomste ook klaar.
En kan jou kinders saam met jou verder kuier in die gemeente sentrum. Of kan julle saam huis toe gaan.
Hoe laat is julle oujaarsdiens asb?
Hi. Jonathan ons het nie ‘n oujaarsdiens nie.