Mense beleef hulle geloof verskillend van mekaar. Sommige mense geniet stilte en gewydheid. Ander genniet ‘n “happening”. Nog ander geniet die nabyheid van ander gelowiges. Wanneer die geleerddes oor hierdie verskille in geloofsbelewing praat, noem hulle dit verskillende “spiritualiteitstyle”.
In Coram Deo aanvaar ons dat mense se spiritualiteitstyle noodwendig van mekaar verskil. Daarom moedig ons lidmate aan om te verstaan dat mense (byvoorbeeld) aanbidding verskillend kan doen. Party doen dit “bedeesd” en ander uitbundig. Party staan stil as hulle sing; ander steek hulel hande ind ie lug. Ons wil so ver as moontlik ruimte laat vir alle vorme van geloofsbelewing. Sodat jy met vrymoedigheid ‘n belewenis saam met die Here kan hê wat vir jou goe dis. Selfs al verskil jou styl van ander s’n.
Binne hierdie groter konteks het ons as gemeente ‘n eie kultuur ontwikkel: informeel, kuier-kuier, ligter liedere, intensiewe lering, “in your face” prediking, ensovoorts. Daarom kan jy (wanneer jy ons besoek) verwag dat dit aanvanklik nie vir jou gemaklik kan wees nie. Hoofsaaklik omdat dit effens anders is as wat jy aan gewoond is.
Daarom is dit ‘n goeie idee om eers net saam met ons te aanbid en te kuier. Sommer vir paar keer. Sodat jy (selfs al is ons manier effens vreemd) jouself kan gunn om gemaliker te word met ons styl. Na ‘n paar keer se kuier, kan jy dan vir jouself di evolgende vrae kan beantwoord: “Voel ek gemaklik in Coram Deo?” En: “Sal ek in Coram Deo se manier van doen ‘n tuiste kan vind wat voel of dit pas?”
Middag, het julle n kleuter kerk?
Goeie dag
Ons het ‘n kleuterkerk (nou bekend as WOEMA KIDS) wat in die selfde tyd as die erediens plaasvind d.w.s 9:00 tot die diens klaar is.
Bekwame ouers bied dit aan in ‘n saal spesiaal ingerig vir die kleintjies.
Kom loer gerus in. Ons begin eerskomende Sondag 23 Julie weer na die breuk tydens die vakansie.
Groete
Coram Deo