Liturgie is die naam wat gegee word vir die opeenvolgende stappe in ‘n erediens. Hoewel Coram Deo ‘n NG Kerk is, het die styl van ons eredienste afgewyk van die tradisionele manier waarop eredienste in ‘n NG Kerk ingerig word. Hoofsaaklik omdat ons meer informele eredienste wou vestig… meer wou maak van ons onderlinge verhoudings… en meer tyd wou spandeer aan lofprysing en aanbidding.

Daarom lyk ‘n erediens op Sondae min of meer soos volg:

  1. Wanneer jy by die erediens aankom, kan jy ‘n koppie koffie kry… en kontak maak met ander lidmate van die gemeente. Soort van ‘n kort kuiertyd by mekaar.
  2. Die eerste deel van die erediens word spandeer aan sang. Dan sing ons ligter, hedendaagse liedere waarmee ons ons lof en eer aan die Here bring. En tegelykertyd (deur ons liedere) met Hom kotak maak en met Hom praat.
  3. Die preek wat daarop volg, sal jou begelei om ‘n konsep, teks of teksgedeelte uit die Woord beter te verstaan… en dit by jou werklike lewe uit te bring.
  4. Daarna het jy geleentheid om die Here te eer met jou offergawe.
  5. Na nog ‘n lied en die seën wat uitgespreek word, kuier ons verder. Oor ‘n koppie koffie/tee… en verversings.