Meer oor Coram Deo
Die NG Kerk in Risiville & Drie Riviere in VereenigingCoram Deo se Storie
Mense verskil wat die belewing van hulle geloof aanbetref. Sommige mense soek stilte en gewydheid. Ander soek ‘n “happening”. Nog ander soek net die nabyheid van ander gelowiges. Dis hierdie verskille in belewing wat “spiritualiteitstyle” genoem word.
In Coram Deo is ons baie bewus daarvan dat spiritualiteitstyle verskil. Daarom moedig ons lidmate aan om oop te wees dat mense (byvoorbeeld) aanbidding verskillend kan doen. Party doen dit “bedeesd” en ander uitbundig. Ons wil so ver as moontlik ruimte laat vir alle vorme van geloofsbelewing. Sodat jy met vrymoedigheid ‘n belewenis saam met die God kan hê wat vir jou voel asof dit pas. Selfs al verskil jou styl van ander s’n.
Binne hierdie groter konteks het ons as gemeente ‘n eie kultuur ontwikkel: informeel, kuier-kuier, ligter liedere, intensiewe lering, “in your face” prediking, ensovoorts. En hierdie kultuur sal nie noodwendig vir jou gemaklik wees nie. Dikwels omdat dit effens anders is as wat jy aan gewoond is.
Daarom is stap 1 om eers net saam met ons te aanbid en te kuier. Sommer vir ‘n hele paar keer. Sodat jy (selfs al is ons manier effens vreemd) tyd kan kry om aan te voel of jy hier gemaklik sal kan word. En of ons manier jou geloof sal kan verryk en verdiep. Na ‘n paar keer se kuier, moet jy dan vir jouself vra: “Voel ek gemaklik in Coram Deo?” En: “Sal ek in Coram Deo se manier van doen ‘n tuiste kan vind wat voel of dit pas?”
En as jou antwoord JA is, is dit tyd om die tweede stap te neem.
Só kom jy by Coram Deo uit
Van Vanderbijlpark/Sasolburg af na Coram Deo
- Neem die R59 na Alberton. Neem in Vereeniging die Heilderberg/ Houtkopweg afrit na links. Draai by die T-aansluiting aan die onderkant van die afrit regs in Houtkopweg.
- Volg Houtkopweg verby 2 verkeersligte (robotte), oor die treinspoor, nog ‘n verkeerslig en oor die rivier tot by die volgende T-aansluiting. Neem by hierdie T-aansluiting die glybaan na links.
- Na ongeveer 500m maak die pad vanself ‘n 90 grade draai na regs en word dit ‘n groot dubbelpad. Draai by die eerste verkeerslig links in Brockettstraat. Draai by die tweede straat regs in Lucasstraat en volg dit totdat jy die gemeentesentrum op linkerhand kry.
Vanaf Pretoria na Coram Deo:
- Neem die R21 verby Oliver Tambo lughawe na Johannesburg. Neem by “Gilloolly’s interchange” (net duskant Eastgate) die afrit links na die N3/N12 (Durban/Kimberley). Volg van hieraf die verkeersborde na Kimberley totdat jy by Alberton (met die golfbaan aan jou linkerkant) die R59 afrit na Vereeniging kry. Neem die afrit na links en volg die R59 verby die res van Alberton, oop velde en later Meyerton.
- Neem op pad tussen Meyerton en Vereeniging die afrit links na Redan. Draai weer links by die stopteken aan die bokant van die afrit. Volg die pad tot by die T-aansluiting met Houtkopweg en draai links in Houtkopweg.
- Volg Houtkopweg oor die treinspoor, ‘n verkeerslig en oor die rivier… tot by die volgende T-aansluiting. Neem by hierdie T-aansluiting die glybaan na links.
- Na ongeveer 500m maak die pad vanself ‘n 90 grade draai na regs en word dan ‘n groot dubbelpad. Draai by die eerste verkeerslig links in Brockettstraat. Draai by die tweede straat regs in Lucasstraat en volg Lucasstraat totdat jy die gemeentesentrum op linkerhand kry.
Coram Deo se Personeel

Leraar
Quentin Groenewald
Quentin is van 1 Julie 2022 predikant by Coram Deo Gemeente. Hy het ‘n passie vir mense en kan beskryf word as ‘n mense mens. Mense verhoudings is vir hom belangrik en daarom is een van sy groot fokus op “couples terapie”.
Hy hou van visvang (veral bass) en dis waar hy homself weer recharge en tyd in die natuur naby God kan wees.

Administratiewe Beampte
Sóma Le Roux
Sóma is al in diens van Coram Deo sedert 2006 en behartig al die administriewe sake van die gemeente.
Administrasie is vir haar nie net ‘n werk nie, maar ‘n passie wat sy voluit leef. Die spreek woord “haar hande staan vir niks verkeerd nie” is die beste om haar op te som.
Sy hou daarvan om te brei, naaldwerk te doen en die heerlikste kos te maak.

Tuinbestuurder
Phillip Mcira
Philip is in diens van Coram Deo sedert 1982.

skoonmaker
Mirriam Tsotetsi
Miriam is in diens van Coram Deo sedert 1 Junie 2015